TRAP-TRAP DEUR DIE
BAVIAANSKLOOF EN DIE GAMTOOSVALLEI

Die gedagte van 'n fietstoer deur die Baviaanskloof het alles begin by Maureen Joubert se artikel oor die Baviaanskloof in Bonus van 4 Augustus 2001, maar my toer het begin voor die Willlows-Gastehuis (die ou pastorie) op Willowmore. Toe ek en Vroulief die Sondag-agtermiddag op Willowmore aankom, reŽn dit die spreekwoordelike katte en honde en van toer deur die Baviaanskloof lyk dit op daardie stadium of daar nie veel sprake sou wees nie. Ons gaan slaap maar en hoop maar dat die nuwe dag mooiweer sal bring. Die hele wÍreld deur die Karoo tot op Willowmore was lowergroen en soveel damme en plasse water het ek eintlik nog nooit in die Karoo gesien nie. Daar was dus 'n meer as normale moontlikheid dat die pad van Willowmore tot op Jeffreysbaai ook sy kwota reŽn kon kry.

Maandag breek aan en 'n bewolkte hemelruim en vars lug begroet my. Van die vorige dag se stortvloed is daar geen sprake nie. Eet, inpak, gou 'n foto neem van die "pionier" op sy fiets wat 'n nuwe wÍreld moet gaan ontdek, en daar trek ek. Maar as Vrystater ontdek jy meer as net die Baviaanskloof. Jy ontdek ook dat jy dalk nie genoeg geoefen het nie, want pas uit die dorp tref die eerste hoogte jou en hy vat sommer stewig vas en jy wonder of dit die regte ding was om te doen, want die boeke sÍ dan as jy oor so en so ouderdom is, moet jy dit onthou en jy mag dat nie vergeet as dit by ligaamlike aktiwiteit kom nie. Maar met die afdraai op die grondpad, duur dit slegs 'n klein rukkie voordat jy besef dit was die regte ding om te doen. En eintlik begin jy jouself so 'n bietjie verwyt dat jy dit nie lankal gedoen het nie. Die wÍreld is mooi. Baie mooi en nog baie meer groot ... En jy mens-alleen in hierdie wye wÍreld op 'n fiets op pad deur die Baviaanskloof. En sommer aan die begin van hierdie eerste dag se 84-kilometerskof word jy reggesnoei tot 'n gesonde perspektief: Jy gaan baie meer van jouself en jou Skepper ontdek as wat jy die Baviaanskloof gaan ontdek.

Die eerste aantal kilometers is die pad breed en die wÍreld plat en dit gaan goed. Jy is vars en jy het tyd om baie rond te kyk. Jy verlustig jou in al die boerdery-praktyke van plase wat aan die pad grens. Jy kan iets van alles langs die pad sien, volstruise, ens. . Dit verander egter later en word baie meer wildernis-gebied. Maar die opvallendste van alles is die stilte en die grootsheid van die omgewing en jy beleef voordurend die gevoel: dit is alles hier - net vir my. Vandag is ťk die uitverkorene van God se weldadige goedheid wat Hy met soveel skoonheid en kleur in die natuur van die Baviaanskloof ingeweef het.

As jy egter by die eerste die pas kom, verander die wÍreld vinnig en jy is eers regtig in die Baviaanskloof nŠ die Nuwekloofpas. Van die Willowmore-kant af is die pas baie genadig want dit is basies afdraend. Maar jy lees hom. Hy is 'n meneer as jy hom andersom gaan aanpak. Dit is 'n barre wÍreld waar 'n mens jou kan vergaap aan die massiewe berge met die interessantste rotsformasies. Jy verwonder jou aan die "grotte" en die bakkranse wat in die bergkranse gevorm het. Maar sonder lewe en kleur is dit beslis nie. Jy beleef alle tipes plantegroei van Karoo tot Knysnabosse. Vir die plant- en diereliefhebber is dit 'n paradys. Jy verlustig jou aan die kleur van talle blomme - malvas, jakkarandas en selfs proteas. En talle bergskilpaaie het my pad gekruis.

Een kenmerk van die pad is die talle goed-versorgde driwwe waardeur 'n mens gaan. Soms laat dit heelwat onsekerheid by 'n mens ontstaan of jy wel met jou gewone motor sal deurkom. NÍrens het een van die talle driwwe egter vir ons 'n probleem geskep nie. Meestal was hulle net enkeldiepte en nooit dieper as sÍ 20 cm nie. (Nie dat Vroulief spyt was toe ons nie meer driwwe gekry het nie! En hou maar op droom van droŽ voete en skoene as jy met jou fiets daardeur ry.)

Dit is 'n wÍreld met 'n ryk en in vele opsigte veelbewoŽ geskiedenis. Hiervan is Campbell se monument wat die dood van die mense (wat in die 1916-vloed in die Kloof gesterf het) gedenk, een voorbeeld. Die omgewing stel harde eise aan die mense en vroeŽr jare veral was dit nie maklik om 'n bestaan in die Kloof te maak nie. Dit blyk ook dat baie van die mense wat vandag nog daar bly, boorlinge van die Kloof is en dat buitestaanders nie "oorleef" in die Kloof nie. Dit geld ook vir die Gamtoosvallei verder aan op die pad na Port Elizabeth / Jeffreysbaai. Twee van die mense wat die Baviaanskloof kťn, is oom Lucas en tannie Aletta Smith van Kleinpoort wat ons bevoorreg was om te kon leer ken. Oom Lucas het 'n geheue waaroor ek verstom gestaan het en hy kon gebeurtenisse en mense se vanne uit die Tweede WÍreldoorlog opnoem asof hulle gister in die Kloof was.

Dit was juis op Kleinpoort van oom Lucas waar ons die sonderlinge voorreg gehad het om in 'n bakkrans te oornag. Veilig in die natuur met al die naggeluide in jou ore, na die liggaam gekoester in die goed-toegeruste krans en met 'n vreemde tinteling in die hart waar hulle aan alles gedink het om dit vir 'n oornag-gaste aangenaam te maak. Wanneer laas het jy die voorreg gesmaak om vroeg deur die skemerlig en voŽlgeluide wakkergemaak te word? 'n Persent waarvoor ek oom Lucas vir altyd innig dankbaar sal bly.

Dag twee begin nŠ 'n koppie koffie by oom Lucas en tannie Altetta en 'n botteltjie heerlike appelkooskonfyt. Hulle gee ware inhoud aan die uitdrukking: sout van die aarde. Ek rits by die een ervaring na die nader verby: Baviaanskloof se polisiestasie (Netjiesste polisiestasie in die Oos-Kaap), berge met rooi rotsformasies, talle klipdriwwe met vlak water. En nuwe name: Zandvlakte, Klein Juweeltjie en Geelhoutbos. EN ... DIE GRASNEKPAS.

En daar is Rooihoek, Enkeldoorn, Doodsklip en Bergplaas. Groot name in die Baviaanskloof. Of dalk eerder hoŽ name. Want die Grasnekpas (met die Kougadam Írens in die agtergrond) tot af by Combrinck se berg is asemrowende mooi wÍreld, maar dit haal net soveel fisiese energie uit jou uit as wat dit geestelike belewenis in jou insit. Seker nie die wÍreld wat 'n mens met 'n gewone 1300-sedan behoort aan te pak nie, maar dit was op hierdie skof wat ek ewe groot respek vir Vroulief en vir die Mazda gekry het. Dit was net bo-op die plato (Bergplaas) waar die vragmotors sulke diep spore na die vorige reŽn uitgery het dat eersgenoemde nie kans gesien het om die kans te vat nie. Te moeg van die 76-kilometerskof en passe wat alles en nog 'n bietjie uit my gehaal het en al te ver gevorder om hoegenaamd te kon omdraai, het ek maar die fiets teen 'n klip geparkeer en agter die stuur ingeskuif met die eensame wete dat ek eintlik niks meer as sy kan doen as die motor in die spore wat dieper was as wat die aste hoog was, sou vasval nie. Op die kant langs gemik, vet gegee en ek hou anderkant stil! 

'n Fietsryer sal selde aan 'n afdraend as 'n nagmerrie dink. In die Baviaanskloof se passe is dit nie heeltemal onmoontlik nie. Combrinck se berg is baie styl en baie lank af, die pad so smal dat daar dikwels net plek is vir ongeveer een voertuigbreedte en daar is soveel draaie in die pad en boonop geen keermuurtjies aan die afgrondkant van die pad nie. Dit bring mee dat jy nie die afdraend kan benut om 'n bietjie spoed op te tel nie; inteendeel, jy moet deurgaans die remme so styf vasklem om juis te keer dat jy nie te veel spoed optel nie. As jy nie spog met supertegnologie in jou fiets en dan veral in die remme nie, ontgeld 'n mens se hande dit terdeŽ. Ek moes verskeie kere stilhou om my hande te laat herstel van die pyn van die vasklemmery. Maar dit gee dan ruim geleentheid om hierdie wÍreld met sy ongeŽwenaarde natuurskoon rustig te bewonder en jou siel vol te tap met natuurbeelde wat kompeteer om elkeen besielender as die voriges te wees.

Maar van die vrees, of is dit moedeloosheid of dalk gewoon net gatvolgeit (oor 'n lang en harde skof) wat in my gemoed was, sÍ ek niks vir Vroulief nie. Ek swyg heeltemal van die feit dat Poortjies wat ons nog gaan teŽkom verwys na die pad wat die Witrivier nege maal gaan kruis. En nie met brŻe wat so hoog oor die water gaan dat jy nie eers weet van die water nie. Nee, weereens driwwe. Maar die donker gemoed word gou omgetower in verligting as die driwwe meestal droog is of slegs onder vlak water bedek is. En nŠ Poortjies is dit slegs 'n hanetree voordat ons by Cambria kom. En dit beteken dat die Skoolhuis, ons volgende oornagpunt, nou baie naby is.

NŠ 76 kilometer waarvan 'n aansienlike deel passe is, is die Skoolhuis-gastehuis van Magrietha Smith 'n oase. 'n Eertydse skooltjie met die aangrensende huis van die onderwyser is omskep in 'n ruim gastehuis met alles wat jou hart begeer. G'n wonder nie dat ons hoe verder ons met die toer gevorder het, ons al hoe meer verlief begin raak het op die Kloof nie.

Die nag se rus en Magrietha Smith se gasvryheid vorm 'n stewige basis vir skof drie se ongeveer 50 km. Inderdaad 'n fees nŠ die vorige twee dae se lang afstande en veral nŠ die vorige dag se moordende passe waar ek telkemale maar vir ysterperd moes stoot. Die omgewing is nog net so mooi, maar die pad is baie makliker. Die grondpad langs vrolike waterstrome en deur poorte in die kleurryke berge verander 'n stuk of 25 km van Patensie af in teerpad. En die laning bougainvilleas by De Werf se opstal laat jou verstaan dat die wildernisgebied verby is. En dit is eintlik met 'n bietjie hartseer dat jy van die grondpad afskeid neem. Alhoewel dit makliker ry, was dit onmiddellik besiger.

Patensie is deur die ink van Charlie en Alta Malan se gasvryheid in my geheue en gemoed verewig. Merkwaardige mense hierdie wat met sitrus en sigorei boer. Charlie se pa - 'n oud-LV - is eweneens 'n merkwaardige man wat tans, op 88-jarige leeftyd, besig is om sy twťťde boek oor die Gamtoosvallei te skryf! 

Alta se uithaler-ontbyt nuttig ek eintlik met 'n bietjie hartseer. Want in drie dae het jy as 't ware familie in die Kloof en die Vallei bygekry. En jy weet: hierdie paar dae het heeltemal te vinnig verbygegaan en jy moet weer kom, want daar is soveel dinge wat jy nog nie eers gesien en beleef het nie. Daar is nog so baie stukke geskiedenis wat jy moet hoor. So baie mense wat jy moet ontmoet. En die pad (skof 4 van die toer) van Patensie na Jeffreysbaai sal maar wees soos al die baie ander waarop ons van dag tot dag voortspoed, heen en weer, heen en weer ... En Jeffreys sal 'n gemaal wees van mense en dit sal die stilte van die Kloof en die Vallei verdring met sy vinnige vermaak.

Die eerste stilhoupunt op die laaste skof is by die GROOT sonnewyser op Hankey. As jy teen die koppie naby die sonnewyser uitloop en terugkyk na Hankey, het 'n mens 'n verkwikkende uitsig oor die dorp en die vallei. En van hier is dit verder aan oor die laaste paar stewige opdraendes oor Humansdorp na Jeffreysbaai waar my fietstoer by die "Welkom in Jeffreysbaai"-bord ten einde loop. Ongeveer tweehonderd-en-sewentig kilometer van louter genot en sweet van genade en bevryding. En in jou hart sing jy ook: "I did it my way."

En nou nog net 'n koppie koffie by mnr. Willie Hauptfleisch oud-rektor van die (eertydse) Bloemfonteinse Onderwyskollege en dan is alles rÍrig verby.

Maar Jeffreys met sy vakansie-gewoel en die gang van die daaglikse werk en druk van verpligtinge slaag nie daarin om die Baviaanskloof en Gamtoosvallei se beeld in my gemoed te onderdruk nie. Die Baviaanskloof en die Gamtoosvallei roep my en ek moet gaan.

Ek kom weer. 

Julle het 'n greep op my gekry waarvan ek nie kan ontsnap nie - 'n greep wat my bevry van die stad se dolle gejaag.