Die Willows-gastehuis op Willowmore waar my fietstoer deur die Baviaanskloof en
die Gamtoosvallei begin het. Hierdie gebou het 'n ryke geskiedenis wat te
omvangryk is om hier te bespreek. Dit is 'n eertydse pastorie van die NG-Kerk.


Hier staan ek by my fiets voor die gastehuis op Willowmore. 'n Plastiekhouer is op
'n rak op my fiets gemonteer waarin noodvoorrade, kamera, notaboekie, pen, water
en ligte verversings in gehou is. Op die foto kan gesien word dat die lug bewolk is.
Die Sondagmiddag toe ons op Willowmore aankom, reŽn dit katte en honde en ek
vrees my toer is iets van die verlede. Maar Maandagoggend is dit net bewolk en die
lug is vars en skoon. Die eerste skof van my toer tot op Kleinpoort was eintlik
heerlike koel weer.


'n Mens draai vanaf die teerpad tussen Willowmore en Uniondale af op die grondpad.
Hierdie deel van die pad is net 'n paar kilometer nadat ek op die grondpad
afgedraai het. Dit bied 'n blik op die wydheid en die grootsheid van hierdie wÍreld.
Die pad is breed en gaan tussen plase deur en was in 'n baie goeie toestand.


Hierdie deel van die pad was vir my as't ware die poort tot die geheimenis van die
Baviaanskloof waarna ek maande lank uitgesien het. Wat sou om die draai lÍ?
En uit die volgende foto word dit gou duidelik dat die pad nie 'n eentonige
een sou wees nie. Die rotsformasies langs hierdie pad het my telkens van verbasing,
verwondering laat stop om dit rustig te kan bewonder. Ongelukkig kan 'n mens
nooit alles afneem nie en verder stel die tegnologie 'n mens ook teleur in die sin dat
die kamera tot jou beskikking nie alles in sy grootsheid kan afneem nie.


Nog 'n draai op die pad van my opwindende toer
(Of soos Pieter Pieterse sou sÍ: "Op hierdie wonderbaarlike toer van ons.")


Die land het mos goeie reŽn gekry in die somer van 2001 en die
Baviaanskloof het ons nie teleurgestel sover dit kleur aanbetref nie.


Die pad was baie stil op sommige plekke, maar daar was genoeg lewe om dit
interessant te hou. Bergskilpaaie was volop en hierdie een is een van vele
wat nie regtig kennis geneem het van die ou op sy fiets nie.


Malvas in die voorgrond. Let ook op hoe die berg uitgekalwe is. Van hierdie tipe
"grotte" is daar baie te sien in die berge op die Baviaanskloofpad.


'n Plaasopstal met 'n Jakaranda voor die huis. Daar is iets van alles in hierdie wÍreld.
As 'n mens bereid is om die gemak van 'n sagte motorsitplek te verruil vir 'n fietssaal,
en jy kyk 'n bietjie om jou rond, sien jy baie dinge langs die pad raak. Ek het deurgaans
probeer om 'n verteenwoordigende verhaal in beeld te skep sodat 'n mens werklik kan
sien hoe ryk die verskeidenheid van belewenisse is wat hier op 'n mens wag.


As hierdie gesig jou as stadsjapie met jou motor met die lae onderstel begroet, knaag
dit maar so 'n bietjie aan die senuwees. Gelukkig ontdek 'n mens gou dat al hierdie
driffies baie goed in stand gehou word en dat die meeste van hulle slegs enkeldiepte
of tot kuitdiepte onder die water bedek is. Ons het nÍrens probleme gehad om deur
te kom nie. (Ek belowe nie dit sal altyd so wees nie!!) Op die foto staan Vroulief
met my fiets in een van die driffies terwyl ek gereed maak om die motor
deur te ry. Let op die "vlakte" van die water.