'n Stukkie Knysna op die pad. Dit was 'n ervaring wat ek nie vir geld wil verruil
nie. Om die waarheid te sÍ: ek is bereid om geld te betaal om dit weer te beleef.


As jy lief is vir berge, sal die pad deur die Baviaanskloof jou nie teleurstel nie. Ek het
my vergaap aan die rotsformasies van die berge. Op sekere dele van die pad kan
daar baie "grotte" in die berge gesien word. Op hierdie foto het die uitkalwing
my laat dink aan 'n balkon van 'n woonstelgebou met sy eie tuintjie en het ek dit dan
ook gedoop :"My eie tuintjie op my balkon".


Die Baviaanskloof is 'n gebied met 'n ryke geskiedenis en
wat van ontbering en ellende kan getuig. Hier is Campbell
se monument wat opgerig is ter nagedagtenis aan die
mense wat in die vloed van 1916 gesterf het.


Aan die einde van die eerste skof oornag ons in die bakkrans op die plaas Kleinpoort van
oom Lucas en tannie Aletta Smith. Hierdie bakkrans is heerlik beskut en geen mens weet
dat jy daar slaap nie. Aan die oorkant van die bakkrans is 'n kleiner een wat die badkamer
(stort en toilet) huisves. Hierdie eerste aand se slaap was 'n ervaring vir die stadjapies wat
baie kleur aan die toer verleen het en waaraan ons met baie aangename herinneringe
terugdink. Dit was toevallig dat ons die geleentheid gekry het om hier te oornag,
maar dit was die beste "toeval" wat seker nog ooit met ons gebeur het. Diegene
wat beplan om daar te oornag, kan kennnis neem dat daar eintlik alles is wat 'n mens
nodig het. Selfs die hout vir jou vuur word gepak. Jy kan maar net aansteek en braai.


Die bakkrans net uit 'n ander hoek afgeneem.


Die berghang vanuit die bakkrans afgeneem. Dit was 'n onvergeetlike ervaring om reeds
baie vroeg die oggend die lyne van die berg in die oggendskemerte te sien.
Ons het letterlik met voŽlgesang wakker geword.


Hierdie luiperd is deur oom Lucas se seun geskiet. Diť kat het moeilikheid gemaak
in die kloof en hulle het 'n permit gekry om hom te skiet. Hy het blykbaar een
nag naby toeriste wat die nag in 'n tent oornag het verbygeloop, vermoedelik vir
iets geskrik en die pad gevat. Gelukkig sonder ongevalle vir die mense wat sy gebied
binnegedring het. Maar terug na die mense van die gebied. Dit was in oom Lucas
se sitkamer (waar die luiperd staan) wat ek en Vroulief die aand so lekker gekuier
het dat ons nie eers naastenby by vuurmaak in die bakkrans kon uitkom nie.
Oom Lucas en tannie Aletta - die sout van die aarde.


Oom Lucas en tannie Aletta Smith van die plaas Kleinpoort.
En nou het ek familie in die Kloof!!


'n Bord met die afstande na die belangrikste dele in die omgewing van die Kloof.
Willowmore lÍ reeds 87 km agter ons en Patensie waar ons later sou uitkom,
lÍ 'n verdere 114 km van die Baviaanskloof-polisiestasie af.


Die Baviaanskloof-polisiestasie. Dit was aangewys as die netjiesste stasie in die
Oos-Kaap. Hierdie stasie is sowat 3 kilometer van Kleinpoort af.