'n Klein kerksaaltjie op die tweede dag se skof. Die hoeksteen daarvan is gel op
16 Februarie 1918 deur mev. J.R. Albertyn. Dit was volgesit in die dae toe die
Kloof nog ryk was aan mense. Deesdae is daar nie meer so baie mense in die Kloof
nie, maar tog bring die gemeente baie geld in as daar die slag basaar gehou word.


Gesigte soos hierdie een is nogal volop in die Baviaanskloof: 'n donkiekarretjie op pad
na die winkel by Zandvlakte. Ook hierdie mense eis die Baviaanskloof op as hulle
gebied in die stryd wat daar heers tussen die inwoners en Natuurbewaring wat die
hele gebied wil proklameer as wildernisgebied. N'n vriendelike groet deur beide
partye gaan die fietsryer en die donkiekarryer verder op hulle paaie. En vir wie het die
mees sorgvrye dag voor ? Met my fiets was ek nie laaste in die ry nie. (Praat nou
nie van die twee passe wat nog voorl nie.)


'n Asemrowende toneel soos hierdie laat jou eintlik stadiger ry sodat jy alles kan
inneem. Dit is so mooi hier dat die fiets soms eintlik tevinnig is as 'n mens
die natuur wil besigtig.


Nog 'n driffie voor in die pad. Let op die bergkrans met sy rooi geroeste
kleur aan die linkerkant en kyk hoe mooi groen is die veld.


Die motor moes eintlik nog kleiner vertoon het. Vroulief het stilgehou sodat ek 'n foto
van b van die pas kon neem. Ongelukkig het die kamera op daardie stadium
in die motor gel en het ek hierdie foto van 'n heelwat laer hoogte af geneem.
Maar die foto is goed genoeg om mooi te verstaan hoe hoog die pas eintlik is.


Die kamera laat my in die steek. Maar 'n mens kan darem sien hoe die pad deur
die klowe kronkel en naby aan die kruin uitkruip. Dit was 'n deel van hierdie pad (die
Grasnekpas) wat my op die tweede skof duidelik laat verstaan het dat ek met my
entoesiasme en al te onbeduidend is om die Kloof mak te maak. Wanneer jy hierdie
pad ry, wil 'n mens telkens voel dat jy die eerste mens is wat hier kom. Dan laat die
wete dat iemand hierdie pad gebou het jou nederig terugkrimp tot jou ware grootte.


Dit is 'n kronkelpad deur die berge. Die foto is van die pad geneem. Links
kan 'n klein stukkie van die pad gesien word asook aan die regterkant van die foto.


Om 'n foto te neem, is 'n goeie geleentheid om die bene weer 'n bietjie te laat rus.
Die blou driehoekie in die middel van die foto is die Kougadam.


Hierdie Proteas het my op die plato n die Grasnekpas begroet. N 'lang
harde skof oor bergpasse is dit 'n beloning wat jou laat besef alles op
hierdie toer is tog die moeite werd.


Die afstandbord by Cambria dui aan dat ek na die tweede dag reeds
170 kilometer vanaf Willomore getrap het.