'n Smal Knysna-paadjie wat 'n breŽ spoor in my hart kom trap het
waarlangs die herinneringe van die toekoms kan koers vat.


Sitrusboorde naby Die Skoolhuis-gastehuis. In die land die verste van die kyker
af heel links kan gesien word hoe die bome bespuit word.


Die Mazda, my fiets en ek by die Skoolhuis-gastehuis wat
deur Magriet Smith bedryf word.


Die Skoolhuis-gastehuis in sy geheel afgeneem. Hierdie gastehuis was vroeŽr 'n
plaasskool. Die deel aan die linkerkant was die onderwyser se huis en die deel
regs was die skooltjie. Vanuit die een slaapkamer aan die regterkant het ons die
blou-ape wat in die bome baljaar het,dopgehou. Ons het die nag die hele gastehuis
tot ons eie beskikking gehad en kon letterlik kies in watter een van
die smaakvol-toegeruste kamers ons wou slaap.


En as hierdie toneel jou nie lok om die Baviaanskloof van naderby
te leer ken nie, wat is dan nog nodig om jou daar te kry?


Ek het deurgaans die gevoel gekry die berge en die poorte
deur die berge vou my veilig toe in hulle vertroulike sorg
en laat die geheime misterie in klein teugies na my deursyfer.


Hierie deel het diep in my hart kom lÍ. Ek kan nie anders
nie - ek moet weer in die Baviaanskloof kom en met
my fiets. Jy "kroek" jouself as jy hierdie pad met
jou motor wil aandurf.


Jy word so betower dat jy nie weet wat jy moet afneem en wat nie. Een
van die baie mooi tonele op die derde dag se skof tussen Die Skoolhuis en Patensie.


Die grondpad het reeds geŽindig maar die omgewing is nie minder mooi
nie. Hierdie interessante formasie is nie te ver van Patensie af nie.


'n Kleurvolle bougainvillea-laning langs die teerpad aan die oorkant van die
De Werf-plaasopstal. Die teerpad-gedeelte het dalk nie daardie mistieke
aantrekkingskrag van die grondpad nie, maar dit is nie minder mooi nie. En die kleur
van boerdery-opstalle en die groentelande vergoed ruimskoots vir
dit wat die teerpad dalk wegneem.