Groentelande in die Gamtoosvallei. Die klein spikkeltjies
op die foto is die werkers op die lande.


Die naambord op die ingang tot die kerkterrein spreek vir homself.
Patensie nog net 'n klein entjie van hier af.


Tolbos is 'n kontreiwinkel waar jy heerlike produkte kan koop. Probeer gerus hulle
heerlike hoenderpastei as jy daar aangaan. Toska Joubert en Hetsie Scheepers
doen ook baie vir die bemarking van hierdie streek. Jy moet hulle dus onder geen
omstandighede oorslaan nie. Dit is by hulle wat ek 'n maklik verstaanbare kaart gekry
het wat vir my baie gehelp het om rigting en koers te kry. 'n Groot reliŽfkaart van
die hele gebied is ook teen 'n nominale bedrag by die winkel te koop. Hulle is net
'n telefoonoproep ver en van Bloemfontein af kon ek my met vertroue aan hulle
kennis oorgee. En is die twee dames vir jou gaaf en behulpsaam. Sonder gelyke!! Charlie
en Alta Malan van die Wawiel-gastehuis dig teen Patensie by wie
ons tuisgegaan het, se motor staan voor die winkel.


Die ingang tot die Wawiel-gastehuis van Charlie en Alta Malan. As jy nog nie met hulle
gesels en gekuier het nie, het jy nog nie die Gamtoosvallei gesien nie. Charlie se pa (oud-L.V.)
skryf op gevorderde leeftyd sy tweede boek oor die Gamtoosvallei. Charlie-hulle boer
met onder ander sitrus en sal vir jou mooi verduidelik hoe om wetenskaplik met sitrus
te boer. Jy sal ook 'n nuwe perskeptief kry op die klaar verpakte slaaipakkies
wat jy in die supermark koop, want dis deel van hulle boerdery.


'n Groot sonwyser net buite Hankey.


Hankey afgeneem van die koppie by die sonwyser.


Net toe ek dink ek is klaar met opdraendes moes ek sowaar nog 'n stewige
meneer trotseer buite Hankey op pad na Humansdorp.


Op pad na Humansdorp. Ek het op hierdie punt nie die wild gesien nie, maar as
die heinings so hoog is moet daar seker wild wees. 'n Bewolkte dag wat net
op een plek 'n paar druppeltjies opgelewer het, bet meegewerk om die
laaste skof van my toer aangenaam te laat verloop.


Humansdorp en Plettenbergbaai lÍ voor en die einde van my toer is in sig.


Van Willowmore tot Jeffreysbaai in vier dae op die rug van my ysterperd. Presies hier
het my toer geŽindig. Vier wonderlike dae wat my lewe verryk het en 'n omgewing
en sy mense wat kom nesskop het in my gemoed en wat my
nie wil laat staan nie. Ek kom terug. Ek kom terug ...